Post Operasie Oefeninge

Propriosepsie is die brein se bewustheid van waar die liggam in ruimte is, eenvoudiger gestel, hoe jy weet of jou been gebuig is sonder om te kyk.

Akute Beserings

Die eerste 48 ure na 'n besering is baie belangrik.  Deur die korrekte behandeling dan te gee, word die sekondêre skade beperk, en so word die herstel-tyd van die besering verkort.

Akute Nekbeserings

Na 'n nekbesering, gaan die spiere rondom die beseerde gewrig in spasma om dit te beskerm.  Alhoewel jou X-strale normaal is, kan daar tog mikro-trauma aan die ligamente en gewriggies (sagte weefsel beserings) wees.

Algemene Strekoefeninge

Die doel van strekke is om die spiere te verleng teen ‘n rustige tempo, sodat die spiere nie skeur tydens vinnige aksies nie.

Enkel Oefeninge

Na ‘n besering van die enkel is die rehabilitasie baie belangrik om herbeserings te voorkom. Alhoewel dit meestal die ligamente is wat skeur, word die spiere wat rondom die enkel is ook beseer.

Fastfoot Oefeninge

Fastfoot Ladder beginsel.

Hand Oefeninge

Beweging in die hand is baie belangrik vir alledaagse funksie.  Aangesien die hand uit 27 beentjies bestaan wat aanleiding gee tot baie individuele gewriggies, lei immobiliteit (bv. gips) tot stywe gewriggies wat weer 'n invloed op die spiere van die hand ook het.

Knie Oefeninge

Kniepyn is ‘n algemene klagte van veral atlete en persone wat na ‘n tydperk van onaktiwiteit weer begin oefen. Die pyn kan verskillende oorsake hê, maar is meestal verwant aan ‘n wanbalans tussen die spiere rondom die knie en verminderde stabiliteit van die pelvis area.

Nek Oefeninge en Strekke

Nekpyn en styfheid is baie naby verwant aan die posisie van die kop op die nek en die nek op die toraks.

Neurale Strekke

Neurale weefsel is die omvattende naam vir al die senuwees en die meninges (die bindweefsel rondom die brein en rugmurg) asook die bindweefsel rondom die senuwees in die ledemate.

Skouer Oefeninge

Skouerbeserings is algemeen in oud sowel as jong pasiënte.  Jong pasiënte het gewoonlik 'n besering a.g.v. swak skouer stabiliseerders tydens gooi aksies, terwyl ouer pasiënte gewoonlik 'n oorbruiksbesering kry a.g.v. ‘n swak postuur en "wear & tear".

Voet Oefeninge

Die voet bestaan uit verskeie klein beentjies, ligamente en tendons (senings) van die spiere wat die enkel beheer.